Tweet with Us

Youtube Channel

Listener Login



We have 20 guests online
Health Month

Het jy geweet dat jy soggens langer is as saans! Die kussings tussen jou rugwerwels word in die loop van die dag saamgepers, partykeer meer as 2 cm altesaam en ontspan wanneer jy slaap. As ons nie kleppe in ons are gehad het nie sou ons bloed, vanwee die aarde se swaartekrag, in ons voete en bene versamel het. 'n Volwasse mens neem elke 24-uur sowat  vier kubieke meter suurstof in en daar is op enige gegewe oomblik sowat 'n liter surstof in jou bloed. En, het jy geweet dat jou hart rus tussen elke klop. As jy elke rustydjie in 'n leeftyd saamtel, het jou hart omtrent 20 jaar stilgestaan!

7 April is Wêreldgesondheidsdag en daarom is April die maand waarin Oos-Rand Stereo spesifieke aandag skenk aan GESONDHEID.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) beskryf gesondheid as 'n "algehele ekonomiese, fisieke, verstandelike en maatskaplike welstand". Dis belangrik om goed te voel oor wie jy is en om ligaamlik gesond te wees. Om gesond te te bly verg inspanning. Gereelde oefeninge, genoeg rus en 'n gebalanseerde diet is noodsaaklik. Oefeninge bou jou uithouvermoë, versterk jou hart en verbeter jou bloedsomloop. Alle mense het nie ewe hoeveelheid slaap nodig nie, maar wanneer jy slaap ontspan jou spiere en jou hartklop en asemhaling word stadiger.

Oos-Rand Stereo gaan hierdie maand weer uitreik na ons luisteraars om te help met die identifisering van gesondheidsprobleme en deur middel van kundiges, moontlike oplossings daarvoor bied - hou dus hierdie bladsy baie goed dop.

 
Copyright 2009 (c) East Rand Stereo 93.9 - Ekhuruleni FM
Proudly Designed and Hosted by NetDynamix - Work, Play, Dream