| Educational Month |
|
Juniemaand is die maand waarin Oos-Rand Stereo konsentreer op ons jeug. Juliemaand is ons tema "Onderrig en opvoeding" en Oos-Rand Stereo gaan weereens ons gewilde skole-opedag gedurende Julie aanbied. Op Woensdag, 27 Julie bied Oos-Rand Stereo 'n opedag vir laerskoolleerlinge by ons ateljees in Louis Bothasirkel 13, Casseldale, Springs aan. Die dag daarna op 28 Julie gee ons leerders van hoƫrskole die geleentheid om ons ateljees te besoek en nader kennis te maak van wat agter die skerms van 'n radiostasie aangaan. Vir meer inligting of om 'n besoek te reel, skakel Oos-Rand Stereo gedurende kantoor-ure op 083 910 0939. |




