|
Abuse against Women and Children |
|

August is national woman's month and East Rand Stereo will focus this month specifically on the effects of abuse on woman and children.
Did you know that, on average, a woman is sexually abused every 17 seconds in South Africa. South Africa is also recorded as the country with the highest amount of reported rape cases in the world! Children under the age of 15 form 60% of sexual abuse against children. Many abused women turn to drugs and alcohol to avoid confronting their abusive situation. The only way to eliminate or minimize the problem of woman and child abuse is to change the thoughts and aptitude of those responsible. East Rand Stereo will visit some of the shelters provided for these victims. Stay tuned to find out more.
Augustus is nasionale vrouemaand en Oos-Rand gaan hierdie maand fokus op een van die mees aktuele onderwerpe "Geweld teen en mishandeling van vroue en kinders".
Het jy geweet Suid-Afrika het die hoogste getal aangemelde verkragtings ter wêreld? Een vrou word elke 17 sekondes in Suid-Afrika verkrag. Seksuele misdrywe teenoor kinders neem ook steeds toe en ongeveer 60% van hierdie misdrywe word teenoor kinders jonger as 15 gepleeg. Die enigste manier hoe om hierdie samelewingseuwel uit die weg te ruim is om die ingesteldheid en gedagtes van hulle wat daarvoor verantwoordelik is, te verander. Dit gebeur ook dikwels dat slagoffers besluit om die saak terug te trek omdat hulle ondanks die leed wat hulle aangedoen is nie kans sien om teen 'n pa, man, vriend og kêrel te getuig nie. Ons kan nie toelaat dat misdaad teen vroue en kinders as 'n normale deel van die samelewing word nie. Gedurende hierdie maand gaan ons besoeke aflê by verskeie skuilings wat 'n hawe bied vir die slagoffers - so bly ingeskakel op Oos-Rand Stereo om meer uit te vind
|