Tweet with Us

Youtube Channel

Listener Login



We have 21 guests online
Liewe Heksie

LIEWE HEKSIE KOM SPRINGS STADSTEATER TOE EN OOS-RAND STEREO IS TROTSE MEDIABORG
KAARTJIES IS BESKIKBAAR BY OOS-RAND STEREO 083 9 100 939

Lefra Produksie se treffer verhoogaanbieding van Verna Vels se Liewe Heksie word vanaf 16 tot 19 November 2010 by die Springs Stadsteater aangebied.  Besprekings kan gedoen word by Computicket (011) 340 8000 of by www.computicket.com  Groepe meer as 10 kry 'n lekker afslag deur vir Zena te kontak by (011) 815 3000.  Lefra Produksies bied ook baie spesiale lae tariewe aan vir laerskole en kleuterskole wat meer as 30 kinders na die produksie wil bring.  Skakel gerus vir Charl Senekal by (011) 815 3000 of stuur 'n epos aan info by lefra punt com

   

Frans Swart, die regisseur van Liewe Heksie, het twee splinternuwe verhale vir die verhoog verwerk naamlik LIEWE HEKSIE EN DIE TUPPELS en WAAR IS KLEIN KWAAITJIE KABOUTER.  "Dit was voorwaar soveel pret om aan Heksie te werk," sê Frans.  "Verna se karakters is so geloofwaardig dat dit sommer baie maklik vir my was om vir hulle lewe op die verhoog te gee."  Ana van Achterbergh speel Liewe Heksie.  Botha Enslin speel onder andere die Geelheks, die Groot trol en Kwaaitjie Kabouter, Johny Kleyn is Koning Rosekrans en Karel Kat en Renske Jacobs is Kwaaibabatjie en Blommie Kabouter.  Die stelontwerp is deur Kosie Smit.
Liewe Heksie het onlangs by Emperors geopen en was totaal uitverkoop.  Twee ekstra vertonings moes geskeduleer word.  Frans sê hy is baie opgewonde om Liewe Heksie in die Springs Stadsteater te speel.  "Dit is seker een van ons mees goed toegeruste teaters in die land met 'n wonderlike verhoog en lekker ouditorium.  Ons moet die kinders teater toe bring sodat ons die lekkerte van lewendige teater vir die kinders kan laat ervaar."

Besprekings by Computicket of skakel (011) 815 3000.  Liewe Heksie is ook beskikbaar om na skole toe te gaan.  Skakel Charl by (011) 815 3000 vir meer inligting.

 
Copyright 2009 (c) East Rand Stereo 93.9 - Ekhuruleni FM
Proudly Designed and Hosted by NetDynamix - Work, Play, Dream