Listener Login



The Poll

Do you think our kids have to much homework?
 
We have 46 guests and 2 members online
  • Robyn
Groet Die Grotvrou

 

Oos-Rand Stereo is die trotse Mediaborg van Groet Die Grotvrou

Sy’s hier!  Na sewe jaar van internasionale sukses gaan Defending the Cavewoman in Afrikaans haar buiging op die Suid-Afrikaanse verhoog maak as Groet die Grotvrou.  Die kreatiewe span agter die Grotvrou sluit in Koos Kombuis, wat die stuk in Afrikaans vertaal en verwerk het, die oorpronklike Cavewoman, Vanessa Frost, in die regisseurstoel en Karen Wessels op jag as die Grotvrou.  Vir meer inligting, besoek gerus www.lefra.co.za of www.grotvrou.co.za

Groet die Grotvrou is die prettige antwoord op Rob Becker se Broadway-treffer Defending the Caveman, ook in Afrikaans vertaal en verwerk deur Koos Kombuis as Groet die Grotman met Hannes Muller in die titelrol.  Defending the Cavewoman het in 2001 in Johannesburg se Liberty Theatre on the Square geopen en is sedertien ’n wegholsukses.  Die produksie het voor vol sale gespeel in Engeland en Europa, veral Duitsland.

Frans Swart, besturende direkteur van Lefra Produksies, vervaardigers van Groet die Grotvrou en die baie suksesvolle Groet die Grotman, sê dat hy baie opgewonde is oor die kreatiewe span agter Groet die Grotvrou.  “Grotman is steeds so ‘n totale wegholsukses dat ons glo dat die Grotvrou beslis haar vrou, of is dit nou MAN, gaan volstaan.  Groet die Grotvrou is ‘n produksie in eie reg en beskou die man uit ‘n vroulike perspektief, maar het beslis lekker lagwekkende oomblikke vir vrouens en mans.  Dit is beslis vir Lefra Produksies ‘n pluimpie dat ons ook die oorsese regte van Defending the Cavewoman verkry het om ook hierdie lekker stuk in Afrikaans na die publiek van Suid-Afrika te bring.”

Defending the Cavewoman is geskryf deur die bekroonde Vita-genomineerde dramaturg Emma Peirson.  Haar skreeusnaakse teks dwaal diep in die grotte van die vroulike psige rond en keer die stereotipiese persepsies wat die manlike lede van ons spesie oor hulle vroulike eweknieë koester omver. 

Soos met die suksesvolle Groet die Grotman, het Koos Kombuis Defending the Cavewoman in Afrikaans vertaal en verwerk.  “Dit was groot pret, en terselfdertyd ook goeie terapie!  Ek het soos met Grotman die stuk “ver-Afrikaans” en “ver-Suid-Afrikaans”.  Emma se werk is meesterlik saamgestel en sy draai die bekende en veilige onderstebo!  Die grotvrou wat sy geskep het is ’n groter-as-groot-vrou waarmee daar goed rekening gehou moet word!”

Regisseur Vanessa Frost is ‘n Honneurs-graduent van AFDA (Die Suid-Afrikaanse Film-, Televisie- en Dramatiese Kunsteskool) in drama, produksie en regie.  Sy was die oorpronklike cavewoman en het ook hulpregie verleen aan die Duitse produksie.  Sy sê: “Dit is wonderlik om lewe te gee aan die eienaardighede en gedrag van mans op die verhoog.  Ons word daagliks deur ons ingebore verskille gekonfronteer.. en vir my is dit ’n bron van komedie... die stryd wat niemand ooit wen nie!”

Groet die Grotvrou word aangebied deur Lefra Produksies wat ook verantwoordlik was vir produksies soos Groet die Grotman en Fiela se Kind.  Berei jouself gerus voor vir die komedie oor twee heeltemal verskillende kreature wat desperaat probeer saamleef op een, klein planeet... terwyl hulle dieselfde badkamer moet deel!   Sien julle by Groet die Grotvrou!

Die bekroonde aktrise Karen Wessels is die Grotvrou. Die bekroonde aktrise Karen Wessels is die Grotvrou.  Sy is veral bekend vir haar televisierolle as Hester in Willie Esterhuize se Hester en Ester Bester en Casper de Vries se trefferprogramme Haak en Steek (as Orpa) en die Casper Rasper Show.  Behalwe vir haar televisiewerk, is sy ook bekend as een van die “vyf grotes” van die a-capella groep Cutt Glas sedert 2005.

 
Copyright 2009 (c) East Rand Stereo 93.9 - Ekhuruleni FM
Proudly Designed and Hosted by NetDynamix - Work, Play, Dream