Listener Login



The Poll

Do you think our kids have to much homework?
 
We have 50 guests and 2 members online
  • Robyn
Groet Die Grotman


Oos-Rand Stereo is die trotse Mediaborg vir Groet Die Grotman!

Defending the Caveman, geskep en geskryf deur Rob Becker is ‘n humoristiese eksplorasie van die verskille tussen mans en vrouens en hoe daardie verskille veroorsaak dat ons mekaar totaal misverstaan.  Hierdie eenman-stuk speel reeds vir die afgelope 17 jaar vir uitverkoopte teaters  dwarsoor die wêreld en hou die rekord vir die solostuk wat die langste op Broadway gespeel het.  “Dit is wonderlik dat Defending the Caveman ook in afrikaans opgevoer word”, sê Becker.  “Dit maak tog altyd so ‘n groot verskil as jy teaetr kan ervaar in jou eie huistaal.” 

Maar hoe verklaar Becker Defending the Caveman se reusesukses?  “Ek dink die ‘show’ gee mense ‘n manier om vir hulself en hul gades te verstaan en terwyl hulle so lekker vir mekaar lag, vind daar definitief heling plaas wanneer ‘n paartjie in ‘n donker teater saam met honderde ander mense lag en besef hulle is nie alleen nie.  En glo my, as paartjies na die stuk kar toe loop, vind daar al klaar ernstige... Jy weet wat... Plaas.  En is dit nie al genoeg waarde vir die teaterkaartjies nie?”

Maar hoekom verdedig jy die Grotman?  “Man, dit gaan ‘n hele klomp jare terug toe ek en ‘n groep vrouens druk in gesprek by ‘n partytjie was.  Die een sê toe: ‘Jy weet, die probleem met enige verhouding is dat jy nie ‘n verhouding met ‘n man kan hê warmee jy saam werk nie... Jy wil ook nie ‘n verhouding aankoop met iemand wat jy in ‘n kroeg ontmoet nie...’. En toe sê die ander vrou: ‘O nee, dis nie die probleem nie... Die probleem is as jy hulle (dis nou mans) ontmoet, is hulle almal ‘n klomp leë koppe... Poepholle!’  Ek het gedinkdis werklik baie amusant, want niemand het ‘n woord gesê nie.  Ek het teruggesit en gedink – hier kom ‘n argument.  Doodse stilte.  En toe soos iets wat in dun lug hang, kom dit neer, want daar is iets soos gravitasie:”Ja, jy is reg!”  Ek het dit met my vrou, Erin, bespreek en ook vir haar my teorie oor die verskille tussen mans en vrouens vertel. Van kleins af al het ek die verskille... Sjoe, en is daar verskille... Tussen mans en vrouens raakgesien.  Want jy weet, van ‘n jong ouderdom af het ek en ‘n goeie vriendin elke oggend skool toe gestap.  En soos ons stap, het haar vriendinne (so vier tot vyf) by ons aangesluit.  En dag vir dag het hulle my gepeper met vrae oor seuns.  As ek op die speelgrond pouses saam met seuns speel, het hulle my weer vrae oor die meisies saam met wie ek elke dag stap, gevra.En omdat ek van die mansgeslag is, moet ek natuurlik my geslag verdedig.  Maar onthou, Defending the Caveman sny albei kante toe!”

 
Copyright 2009 (c) East Rand Stereo 93.9 - Ekhuruleni FM
Proudly Designed and Hosted by NetDynamix - Work, Play, Dream